Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG – 07 SEPTEMBER 2008

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word.

Oudio is ook beskikbaar via die web www.sarl.org.za; klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie – en vorige bulletins – kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is (Naam en Roepsein), vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTELS

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutels van twee radioamateurs onlangs stil geraak het. Hulle is:
Doepie, ZS1HK, lid van die Overberg Amateurradioklub, en Tienie Nel, ZS6LML, op 2 September. Ons innige simpatie aan Marietjie, die LV van Doepie, en Nita, die LV van Tienie, die oorledenes se ander familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

KLUBVOORSITTERS BESPREEK DIE TOEKOMS VAN AMATEURRADIO

SARL-LIDMAATSKAP AMPER BY DIE 1 200-MERK

PRESIDENT SE NET OP 21 SEPTEMBER

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

KLUBVOORSITTERS BESPREEK DIE TOEKOMS VAN AMATEURRADIO BY DIE RTA

Die SARL SE Radio Tegnologie in Aksie simposium begin op Saterdag 13 September met ‘n debat deur verskeie klubvoorsitters oor die toekoms van amateurradio. Sluit aan by SARL-president Rassie Erasmus, ZS1YT, Rad Handfield-Jones, ZS6RAD, van die Antieke Draadloosvereniging, John Hilton, ZR6HLT, van die Sandton Amateurradioklub, Frank van Wensween, ZS6TMV, van die Hoëveld Amateurradioklub en Chris Gryffenberg, ZS6COG, van die Oosrand Amateurradioklub vir die debat.

In Junie is ‘n oop uitnodiging aan alle klubvoorsitters gerig om aan die debat deel te neem. Dit is nog nie te laat vir ander klubvoorsitters om by die bespreking aan te sluit nie. Stuur asseblief ‘n e-pos aan armi@sarl.org.za teen eerskomende Maandag.

Die RTA word by die SARL Nasionale Amateurradiosentrum te Radiokop gehou. Registrasie open om 08:15 en die program begin om 09:00. Die koste is R20 per persoon wat deelname aan die bywoningstrekking vir ‘n ICOM 706, ‘n RS Soldeerstasie en ‘n Meterman Multimeter, asook verskeie ander pryse insluit. Leerders en studente se bywoning is gratis. Deur die dag sal verversings beskikbaar wees vanaf die Sentech-kafeteria, of bring u piekniekmandjie.

Na die debat volg ‘n reeks interessante lesings, waaronder:
Spreispektrum en amateurradio;
WiFi vind sy weg na amateurradio;
Die SKA en radiovrye sones;
Ruimteweer en HF-voortplanting vir amateurradio;
SARL- HO-bakenprojek;
’n Oudio/RF DDS-seinopwekker.

Terwyl daar in die lesings hedendaagse tegnologie bespreek word, word dit op ‘n gemaklike tegniese vlak aangebied wat die nuweling en gesoute radioamateur sal verstaan en geniet. Verskeie lesings sluit ook demonstrasies in.

STAL UIT BY DIE RTA

Klubs en belangegroepe word uitgenooi om by die RTA uit te stal en sodoende hulle aktiwiteite te bevorder. Bespreek asseblief ‘n spasie deur ‘n e-pos te stuur aan armi@sarl.org.za, nie later nie as 17:00 op Maandag 11 September.

Kommersiële handelaars wat op die SARL-webblad adverteer word gratis uitstalruimte aangebied in ruil vir ‘n bywoningsprysitem. Dit is wel nodig om teen Maandagmiddag te bevestig of ruimte benodig word. Stuur ‘n e-pos aan armi@sarl.org.za.

Volledige besonderhede van die RTA, die program en aanwysings hoe om daar uit te kom kan gekry word op www.sarl.org.za.

SARL-LIDMAATSKAP AMPER BY DIE 1 200-MERK

Die SARL-lidmaatskap het hierdie week opgeskuif na 1 176 en beweeg stadig na die 1 200 merk – wat ons hoop om teen volgende naweek te bereik. As u nog nie ‘n lid van die SARL is nie, hoekom sluit u nie hierdie week aan deur die aanlynlidmaatskapvorm te voltooi nie, die vorm is beskikbaar by www.sarl.org.za. Lidmaatskap is slegs R320 per jaar, ‘n klein bedrag om te betaal om die Nasionale Liggaam vir Amateurradio te ondersteun, wat amateurradio op ‘n nasionale vlak bevorder. Kontak Vee by 011 675 2393 weeksdae tussen 09:00 en 13:00 vir hulp met u lidmaatskaptoekenning.

Aan alle nuwe en lede wat hernu het – welkom aan boord en ons is bly dat u nou lid van die span is.

PRESIDENT SE NET OP 21 SEPTEMBER

SARL-President, Rassie Erasmus, ZS1YT, nooi alle radioamateurs om aan te sluit vir die President se Net op Sondagaand 21 September om 19:30. Die net bied ‘n gulde geleentheid om vrae te vra oor die SARL en om idees uit te ruil. Een van die items op die agenda is die SARL-toekennings. Nominasies vir verskeie toekennings sluit eersdaags. Vind uit hoe u ‘n mede-amateur kan nomineer vir sy/haar buitengewone prestasies die afgelope jaar. Die toekenningseremonie vind plaas tydens die jaarlikse dinee, na afloop van die AJV op 25 April 2009.

KOMPETISIENUUS

UITSLAE VAN DIE 2008 SARL-HF FOONKOMPETISIE

Een en veertig kompetisielogs en twee kontrolelogs is ontvang vir die SARL- HF foonkompetisie. Nege en dertig logs het 20 of meer kontakte bevat en is gebruik vir die gelukkige trekking van die 2008 ARRL-handboek. ie wenner van die 2008 ARRL-handboek is John Green, ZS1JHG, van Vishoek. Baie geluk John!

Die uitslae van die kompetisie is soos volg:

Multi-operateur:
1e Wesrand ARK, ZS6WR, 122 punte.

Enkeloperateur:
1e Gary Potgieter, ZS5NK, [Highway ARK] 223 punte;
2e Jan Botha, ZS4JAN, [Bloemfontein RAK] 219 punte;
3e Marinus Willemstijn, ZS6MAW,192 punte;
4e Roger Jones, ZS6RJ, [Pretoria ARK] 168 punte;
5e Philip Esterhuizen, ZU4PE, [Bloemfontein RAK] 161 punte.

Die volledige uitslae is gepubliseer in HF Happenings 318.

LENTE-QRP-KOMPETISIE

Op Sondag 14 September, word die Lente-QRP-kompetisie vanaf 15:00 tot 17:00 SAT gehou. Dit is ‘n foon- en GG-kompetisie op die 40 meterband, en ‘n RS- of RST-verslag en die operateur se ouderdom word uitgeruil. Slegs draadantennas mag gebruik word.

SARL-BHF/UHF-KOMPETISIE

Die tweede been van die SARL-BHF/UHF-kompetisie sal van 12:00 SAT op Saterdag 20 September tot 12:00 SAT op Sondag 21 September, op die lug wees. FM, ESB, GG en digitale modusse mag gebruik word op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en hoër frekwensies, soos aangedui in die bandplan. Roepsein, seinrapporte en ‘n seskarakter ruitblok word uitgeruil. Die reëls in die 2008 SARL-kompetisieboek is die enigste amptelike reëls. Logstate moet gestuur word aan Die Kompetsiekomitee, Posbus 12104, Brandhof, 9324 of per e-pos aan hfcontests@netactive.co.za.

KLUBNUUS

Die Overberg ARK, ZS1OAR, hou om 10:00 op 20 September vergadering by die HMO. Almal is welkom om dit by te woon – kontak André, ZS1AZ, per e-pos by zr1am@xsinet.co.za vir meer inligting.

Op die onlangse AJV van die Hibiskus-Kus Amateurradioklub, is die volgende lede tot die uitvoerende komitee verkies/herkies vir die jaar 2008/2009:

Voorsitter: Wim van der Loo, ZS5XRL;
Sekretaris/penningmeester: Peter Smith, ZS5SK;
Nuusbrief: Gawie Hoon, ZS5R; Mervyn Todd, ZS5QI;
Tegniese aangeleenthede: Jan Coetzee, ZS5JC; bygestaan deur Garnett Gould, ZS5ZT;
Internasionale Vuurtoringnnaweek: Gawie Hoon, ZS5R;
Velddag: Rob Henry, ZS5XS;
Spyseniering: Meestersjef Mervyn Todd, ZS5QI.

Die uitgaande komitee word hartlik bedank vir hulle harde werk en toewyding en die nuwe komitee word alle sterkte en voorspoed toegewens virm sy dienstermyn.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees tot 11 September waarna onstuimige vlakke verwag word. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Die verwagte DX-toestande is goed vir die noordelike rigtings maar swakkerig vir die hoofsaaklik noordwestelike paaie.

20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 20 m-openinge vanaf 15:00 SAT na Indië. Daar is 'n moontlike flou 40 en 80 m-openinge na Nieu-Seeland om 18:00, andersins gaan kontakte met Australië en Nieu-Seeland baie uitdagend wees. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike 15 en 20 m-openinge na Europa. Kontakte met die VSA gaan baie uitdagend wees. 10 MHz lyk laatmiddag en na sononder bruikbaar vir die Morsekode- en digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag goed wees op 40 m. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande, byvoorbeeld tussen ZS5 en ZS6, te lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate tussen ZS6 en ZS1 lewer.

Saans is 80 m die beste keuse. Met somer om die draai is dit is nou die ideale tyd om kontakte vir u 80 m WAZS te maak. Een van die dae is die donderstorms en statiese steuringstoestande weer terug. 160 m gaan ook baie bruikbaar wees.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF u steeds kan verras. Skakel u stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat u deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

11 September - Sluitingsdatum vir inskrywings vir Oktober RAE;
13 September - Radiotegnologie in Aksie by die Nasionale Amateurradiosentrum;
14 September – Lente QRP-kompetisie;
15 - 17 September - "INSITE" 2008 in die Sandton Konferensiesentrum;
20 - 21 September - SARL BHF/UHF-kompetisie;
20 September - Overberg ARK se vergadering by HMO;p
21 September – Presidentsnet;
03 Oktober - Jongdamestoer van SA begin;
08 Oktober - Rig 'n stasie by 'n skool op as deel van ruimteweekaktiwitete.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Dennis, ZS4BS, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.
/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003